Rooksein – Kind Van Die Wind Lyrics

Kind Van Die Wind Lyrics By Rooksein

Vir 23 jaar hier binne in myself
Ek roep om hulp is daar iemand wat my kan help
Verlede los ek agter my toekoms maak ek oop
Met alles in my het ek vir jou gehoop

Die tyd raak nou min om oor te begin
As ek nog wou praat is dit nou te laat
Ek mis jou as ek slaap en as ek wakker raak
Sal ek jou ooit vind
My kind van die wind
Sal ek jou ooit vind

Kan ons net praat
Ons kon die wêreld saam verlaat
My hart verlang steeds na jou
En sê my gou waar het alles skeef gegaan
Maar ek verstaan dis dalk tyd om te laat gaan

Die tyd raak nou min om oor te begin
As ek nog wou praat is dit nou te laat
Ek mis jou as ek slaap en as ek wakker raak
Sal ek jou ooit vind
My kind van die wind
Sal ek jou ooit vind

Sê my voel jy
Voel jy nog iets vir my
Dis klaar verby en jy het gery
Ek mis jou nou hier by my

Die tyd raak nou min om oor te begin
As ek nog wou praat is dit nou te laat
Ek mis jou as ek slaap en as ek wakker raak
Sal ek jou ooit vind
My kind van die wind
Sal ek jou ooit vind
My kind van die wind
Sal ek jou ooit vind