Franja Du Plessis – Los Jou Hart Lyrics

[Franja Du Plessis – Los Jou Hart Lyrics]

Los jou woorde liefde vashou
En al jou soene sonder ophou
By my
Los jou hart net hier by my

My hand styf in joune toegevou
Jou woorde wat my kalm hou
Want ons altwee weet
Dat paaie ons gaan skei

Jou tas staan gepak voor my deur
In jou oë sien ek jy het ook seer
Maar weet net
Hier sal ek bly staan
Ek sal wag vir jou

Los jou woorde liefde vashou
En al jou soene sonder ophou
By my
Want ek wil alles van jou onthou
Los jou verlange, trane, vrese
Al jou gedagtes drome jou wese
Laat dit bly
Los jou hart net hier by my

Ek trek jou trui oor my kop
Om jou hart teen my te voel klop
Tot jy terugkom
Sal ek hier bly staan
Ek sal wag vir jou

Los jou woorde liefde vashou
En al jou soene sonder ophou
By my
Want ek wil alles van jou onthou
Los jou verlange, trane, vrese
Al jou gedagtes drome jou wese
Laat dit bly
Los jou hart net hier by my

Tot jou arms my weer vas kan hou en ek veilig langs jou lê
Tot die wind van tyd jou terugbring en ek jou weer by my kan hê

Los jou woorde liefde vashou
En al jou soene sonder ophou
By my
Want ek wil alles van jou onthou
Los jou verlange, trane, vrese
Al jou gedagtes drome jou wese
Laat dit bly
Los jou hart net hier by my

RELATED POST:   Franja Du Plessis – Bring Dit Lyrics