Franja Du Plessis – Langpad Lyrics

[Franja Du Plessis – Langpad Lyrics]

Ons gunsteling liedjie speel
Ons altwee sing die woorde saam
Want ons ken elke reël
‘n Melodie wat ons verstaan

Onthou jy nog ons jonger dae
Min het ons gepla

Elke oomblik saam met jou
Wat ewig bly

Kom saam op die langpad
‘n Nuwe dorp ‘n nuwe dag
Kan ek jou saamvat
Dat ons die dagbreek kan inwag
En onder al die sterre
Ons hartsgeheime bêre
Want op ‘n langpad
Saam met jou
Wil ek nou wees

Steek jou hande uit
En laat dit gly deur die wind
Die opgewondenheid
Dit laat my weer voel soos ‘n kind

En stop vir elke sonsak
Met ietsie om te drink
Kan ons gou ‘n glasie op die lewe klink?

Kom saam op die langpad
‘n Nuwe dorp ‘n nuwe dag
Kan ek jou saamvat
Dat ons die dagbreek kan inwag
En onder al die sterre
Ons hartsgeheime bêre
Want op ‘n langpad
Saam met jou
Wil ek nou wees

Kom ons
kom ons klim net in
Die pad lê voor vir jou en my
Laat dit
Laat dit weer begin
Soos die wiele nou begin ry
Ry
Ry

Kom saam op die langpad
‘n Nuwe dorp ‘n nuwe dag
Kan ek jou saamvat
Dat ons die dagbreek kan inwag
En onder al die sterre
Ons hartsgeheime bêre
Want op ‘n langpad
Saam met jou
Wil ek nou wees

Kom saam op die langpad
Want sonder jou voel ek alleen