Francois van Coke – SOS Lyrics

Francois van Coke – SOS Lyrics

As Koeberg se alarm in die middel van nag afgaan
En die tropiese waters van die Indiese Oseaan
Ons uiteindelik insluk
Disnis ons drome in die deep-freeze gesit
My gemaksone is uitgeput
Lewe my lewe in die verlede tyd
Kom ons kyk
Hierdie was die hemel
Hierdie is die hel
Agter in die bakkie
Na die hospitaal

S.O.S
Ons kort hulp!
Mayday!
Mayday!
Is julle O.K?
Oh, no!
Oh, no!
Is die partytjie verby?
Alles was nog altyd net dieselfde vir my

Bid!
Kyk op na die TV
En waar sal ons hulp vandaan kom?
Smeek!
Die massa breek deur
Al die mure so hoog soos hubris
Swem!
In die serotonien
Het jy al die tekens gesien?
Doen jou eie navorsing
Is ek verkeerd?
Dis wat ek glo
Bewys my verkeerd
Ek glo jou nie
Bewys my verkeerd

Sê my wat gaan aan
My en jou waarheid verskil
Nou drink ons dieselfde pil