Droomsindroom – Kopskud Revolusie Lyrics

Kopskud Revolusie Lyrics By Droomsindroom (feat. Spoegwolf)

Ek kou my naels te veel
Gaan slaap te laat
Word aanbeveel
Om kop af deur my lewe te gaan
Soms wil ek hardop sing
Hoor mense praat; ek is min gespin
Gee my net kans om op te staan

As ek my drome brand; eet uit jou hand,
Sal dit daai frons van jou bedaar?
Dalk my hare sny en woorde vlei,
Sal jy dan ophou staar?

Vat maar jou false illusie
van menslike perfeksie
En dwing dit op jou eie hartklop af
Jy lewe in ‘n fantasie
Bel elke aand die polisie
Ek weet dit maak jou suur,
maar die kopskud revolusie is hier

Ek dink ek dink te veel,
Ek dryf te lank
Is aanbeveel
om stiller deur die lewe te gaan
Hier by die vensterbank
Word stof soos goud in stroke lig
Jy’t as ‘n jong mens gegaan

Maar ons is ingetrek
Deur die wilde stroom
Het jy daai plek van rus gekry
Moes jy jou hare sny
En die woorde soek
Om deel van dit als te bly?

Vat maar jou false illusie
Van menslike perfeksie
En dwing dit op jou eie hartklop af
Jy lewe in ‘n fantasie
Bel elke aand die polisie
Ek weet dit maak jou suur,
Maar die kopskud revolusie is hier