Chris Else – As Ek Moet Kies Lyrics

[Chris Else – As Ek Moet Kies Lyrics]

As ek moet kies tussen jou
Of eindelose lewe
Kan ek maar nou
My laaste asem gee
Maar wat ek sal se met hom
H0e lief ek jou het my blom
As moet kies, kies ek jou

As ek moet kies tussen jou
Of miljoene rande hê
Dan se ek jou nou
Sal arm langs jou lê
Maar sal soos ‘n koning voel
Jou hart is vir my bedoel
As ek moet kies, kies ek jou

Ek soek jou lag
Ek soek jou huil
Ek soek jou soene
Jou warm liefde en die dinge wat jy doen dis
Oorgenoeg, meer as baie, al wat soek is jy
Ek wil die wêreld met jou reis
En alles saam sien
Wil vir jou alles gee omdat jy alles verdien
Oorgenoeg meer as baie al wat ek soek is jy

As ek moet kies tussen jou
En vlerke om te vlieg
Dan sal ek die blou
Van die hemele beleef
Saam jou op die Kaapse strand
Hou stewig vas aan my hand
As ek moet kies, kies ek jou

As ek moet kies tussen jou
Of wêreldwye roem
Dan bly ek die ou
Wat jou kan myne noem
Want dis al wat ek wil
Solank jy my lief sal hê
As ek moet kies, kies ek jou

Ek soek jou lag
Ek soek jou huil
Ek soek jou soene
Jou warm liefde en die dinge wat jy doen dis
Oorgenoeg, meer as baie, al wat soek is jy
Ek wil die wêreld met jou reis
En alles saam sien
Wil vir jou alles gee omdat jy alles verdien
Oorgenoeg meer as baie al wat ek soek is jy